Durbanville Preparatory School

http://www.schoolsrus.co.za/dvprep/components/com_gk3_photoslide/thumbs_big/995816BonMella__Large_.JPGlink

Curriculum

E-mail Print PDF

 

Ons skool volg die Nasionale Kurrikulum Verklaring(NKV) soos deur die Nasionale Onderwysbeleid bepaal word.  In hierdie kurrikulum is daar drie Leerprogramme naamlik Geletterdheid, Gesyferdheid en Lewensvaardighede.  Onder die Leerprogram Geletterdheid word Huistaal, Eerste Addisionele Taal en ‘n Tweede Addisionele Taal (Xhos) vir Gr 1 – 3 leerders aangebied.  Gesyferdheid word aangebied sodat leerders in staat sal wees om met getalle, bewerkings, probleme, patrone, meting en data te kan werk.  Lewensvaardighede word geintegreerd aangebie, Lewensoriëntering is die belangrikste leerarea wat in die Leerprogram geassesseer moet word.

In al drie Leerprogramme word daar gepoog om tydens onderrig in gedifferensieërde groepe te werk.  Dit stel ons leerders in staat om op hu eie vlak en tempo die kurrikulum te bemeester.  Tydens kleingroeponderrig word leerders se individuele behoeftes aangespreek.

Assessering van die leerders se werk vind op ‘n deurlopende basis plaas.  Daaglikse informele waarneming asook formele assesseringstake word gebruik om leerders se vordering te monitor.

Leerondersteuning

Ons skool het ‘n Leerondersteuningsopvoeder wat leerders individueel en in groepe bystaan.  Daar word primêr gefokus op die Leerprogramme Geletterdheid (Lees, Skryf en Klank) en Gesyferdheid (Wiskunde).  Hierdie ondersteuning vind tydens skoolure plaas en die diens is gratis.

Die skool beskik ook oor  privaat remediërende opvoeders.  Leerders word individueel gehelp en daar word meer spesifiek na leerders se individuele leerstoornisse gekyk.  Die opvoeders word deur die ouers betaal vir hul dienste.

Rekenaars

We are indeed fortunate to have a Computer Centre. The children enjoy our interactive programs such as Cami Maths, Cami Perceptual, Word, Excel, Typing Tutor and other educational games.

Die opvoeder in die rekenaarklas konsentreer op die aanleer van  vaardighede vir ons leerders.

Skills Acquisition includes lerning the basic operations such as computer basics, mouse skills, keyboard skills and layout through our various programs.  Fun, lateral thinking an a progression of new skills is part of the whole process.

Kuns

Die skool is bevoorreg om ‘n toegeruste kunsklas te hê.  Die leerders het weekliks ‘n kunsles by ‘n opgeleide kunsopvoeder.  Dit is ‘n unieke en gespesialiseerde leerarea.  Ons glo dat ons leerders ook in hierdie belangrike praktiese leerarea moet groei en ontwikkel.

Tegnologie

Hierdie leerarea val onder die Leerprogram, Lewensvaardighede.  Ons skoo begroot jaarliks vir hierdie leerarea sodat die nodige hulpmiddels en apparaat gebruik kan word.  Klasopvoeders onderrig self hierdie leerarea.  Die leerders ondersoek, beplan, maak en evalueer hul eie produkte.  Voorbeelde hiervan is kaartjies, modelle, drukwerk en bouwerk.

LO

Klasmusiek

 

Schools Are Us Classifieds