Durbanville Preparatory School

http://www.schoolsrus.co.za/dvprep/components/com_gk3_photoslide/thumbs_big/995816BonMella__Large_.JPGlink

Gedragskode

E-mail Print PDF

SKOOLURE

Leerders moet die skool tydens vasgestelde skoolure stiptelik bywoon. “n Leerder mag nie gedurende skoolure die skoolterrein sonder die toesemmng va die Skoolhoof verlaat nie. Indien ‘n leerder gedurende skoolure ‘n afspraak het, moet die leerder by die sekretaresse gehaal word en nie by dieklaskamer nie. Klok reels moet gehoorsaam word. Die uittekenregister moet voltooi word by ontvans.

VOORKOMS EN NETHEID

Die persoonlike voorkoms en kleredrag van ‘n leerder moet voldoen aan die norme wat in die prospectus vervat is. Alle skoolklere en besittings moet duidelik gemerk wees. Geen tekkies of sportskoene mag saam met formele skooldrag gedra word nie. Hare moet netjies wees. Geen versierde knippies in hare nie. Indien dogters se hare aan hemp- rokkraag raak, moet dit vasgemaak word. Juwele is ontoelaatbaar.

POUSES

Geen leerder word in die gebou toegelaat nie, behalwe op reëndae. Leerders beweeg onmiddellik na die rye wanneer die klok lui. Daar mag nie by skuinswalle of op die parkeerterrein gespeel word nie. Leerders mag slegs op die speelterrein speel wat aan sy standerdgroep toegewys is.

GANGE

Leerders beweeg ordelik en stil wanneer klasse gewissel word. Leerders beweeg aan die linkerkant van die gang. Daar word van’n leerder verwag om beleefd teenoor onderwysers en besoekers op te tree.

ALGEMENE OPTREDE VAN LEERDERS

• Keurige taalgebruik moet gehandhaaf word.
• Respek moet teenoor pesoneel en mede leerdrs getoon word.
• Skool- en privaat eiendom moet opgepas waord.
• Waardevolle artikels word op eie verantwoordelikheid skool toe gebring.
• Geen aggressiewe gedrag en spel sal toegelaat word nie.
• Rommel strooi word ten sterkste verbied.
• Korrekte hantering van onderrigmateriaal is noodsaaklik.

DISSIPLINE

• Daar word van leerder verwag om in te skakel by die onderrigprogram.
• “n Leerder moet hom/haar onderwerp aan die geasg van die klasonderwyseres.
• ‘n Leerder moet te alle tye sy/haar volle samewerking gee tydens die onderrigprogram .
• Daar sal teen leerders wat dissiplinêre problem skep en negatief op die onderrigprogram inwerk, opgetree word. Die klasonderwyseres sal sulke gevalle met die grootste omsigtigheid benader. Indien die problem nie uitgeklaar word nie, salddie hoof en daarna die ouers in kennis gestel word. Indien gevind word dat die problem verdure andag moet geniet, sal professionele hulp ingeroep word.

 

Schools Are Us Classifieds